MPUMALANGA. – ‘n Verdagte wat glo Woensdag van ‘n veiligheidswag wat hom op die plaas Goedgedagt in Delmas wou arresteer gevlug het, het verdrink. Die veiligheidswag het ook verdrink.
Lt.kol. Jabu Ndubane sê die verdagte het na bewering aartappels gesteel en toe twee veiligheidswagte hom nader, het hy in die dam gespring, met ‘n veiligheidswag agterna. Die ander veiligheidswag het gesien daar is ‘n worsteling en het ook in die dam gespring. ‘n Voorman wat dit gesien het, het ook in die dam gespring en een van die veiligheidswagte gered. Die verdagte en veiligheidswag is op die toneel dood verklaar.
Die insident word deur die polisie ondersoek.







