Verdagte gearresteer wat glo vermoorde onderwyser se klere dra

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Verdagte (24) is in hegtenis geneem vermoedelik in die klere en skoene van Mosiwa Tshabagae wat dood in sy huis op ‘n skoolperseel aangetref is.

Kapt. Stephen Thakeng sê polisielede is na ‘n moordtoneel by Hoërskool Kgololosego ontbied. Met aankoms het drie vroue gesê hulle het Tshabagae sonder sukses probeer bel. Hulle is na sy huis op die perseel, waar hulle sy liggaam met ‘n kombers toegemaak en bloedvlekke op die mure aangetref het. ‘n Bierbottel met bloed en gebreekte glas is in die kombuis gelos. Die toiletvenster was oop en as toegang tot die perseel gebruik. Die onderwyser is op die toneel dood verklaar. Sy naasbestaandes is van sy dood verwittig.

“Selfone, ‘n skootrekenaar, bankkaarte, kruideniersware, skoolsleutels en klere was vermis.”

Dealesville-polisie het sake van moord, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en huisroof geregistreer. Speur.konst. Xolani Ndavuza van die speurtak het beriggewers ten taak gestel om die verdagte op te spoor.

Die verdagte, met ‘n oop snywond aan sy hand, is by sy huis gearresteer. Hy het glo die oorledene se klere en skoene aangehad. ‘n Bankkaart en bloedbesmeerde baadjie wat die onderwyser na bewering die vorige aand aangehad het, is saam met ‘n skootrekenaar in die verdagte se besit gevind.

Thakeng sê die verdagte kon verwyder word voordat hy deur inwoners aangeval is.

Die verdagte sal Woensdag op aanklagte in die Dealesville-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief