OOS-KAAP. – ‘n Swanger werknemer (35) van kitskoshoenderrestaurant is op 13 Januarie by die deurry in Konyanastraat in Zwide, Gqeberha, in die maag geskiet.
Kwazakele-polisie het ‘n saak van poging tot moord geregistreer en ondersoek, waarna ‘n verdagte (45) op 20 Januarie gearresteer en op die 22ste in die hof verskyn het. Hy sal weer op 28 Januarie vir sy borgaansoek in die New Brighton-landdroshof voorkom.
Kapt. André Beetge sê alhoewel die swanger vrou in die maag geskiet is, is sy in ‘n stabiele toestand en haar ongebore baba is ongedeerd.

