Verdagte gesoek na beweerde roof op plaas op Kommadagga

Padgebruikers op die N10 en aansluitende grondpaaie word versoek om op die uitkyk vir die voertuig te wees. ...

Verdagte na plaasrooftog in Kommadagga gesoek. Foto ter illustrasie: LitNet

OOS-KAAP, SUID-AFRIKA. – Die SAPD van Cookhouse en Somerset-Oos is op soek na ’n verdagte wat in ’n silwer Isuzu-dubbelkajuitbakkie met registrasienommer DYW 539 EC ry. Die bakkie en voertuig is glo vanoggend op ’n plaas tussen Kommadagga en Ann’s Villa gesteel.

Padgebruikers op die N10 en aansluitende grondpaaie word versoek om op die uitkyk vir die voertuig te wees. Die bakkie en vuurwapens behoort aan die plaasboer, Anthony Gowar.

Indien enigiemand die bakkie gewaar, kan die SAPD in Somerset-Oos by 042 243 2233 of Cookhouse se polisiestasie by 042 247 1177 gekontak word. Padgebruikers word gewaarsku om nie die voertuig te nader nie.

Bronne: SAPD, Graaff-Reinet Advertiser  

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak