Verdagte gewond nadat hy op polisie skiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

DURBAN, KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte is onder bewaking in die hospitaal nadat hy vroeg Dinsdagoggend in die Malukazi-area in Isipingo in ‘n skietery met die polisie gewond is.

Kol. Robert Netshiunda sê polisiebeamptes van die dwelm-en-vuurwapeneenheid is na ‘n huis in Malukazi om ‘n deursoekingslasbrief uit te voer. Die verdagte, vermoedelik ‘n dwelmhandelaar, het op die polisie geskiet waartydens ‘n beampte ‘n geringe skietwond opgedoen het.

Die verdagte is in hegtenis geneem en daar is op twee vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Hy word van poging tot moord op polisiebeamptes aangekla.

Tydens verdere ondersoek is nog twee verdagtes met vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief