Verdagte in Gugulethu vir ‘besit van agt ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie’ vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. ‘n Verdagte (37) is Donderdagoggend op ‘n perseel in NY5 in Gugulethu in hegtenis geneem nadat vier gewere en vier 9 mm-pistole wat nie gelisensieer is nie, na bewering in sy besit gevind is.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê die polisie het ‘n deursoekingslasbrief uitgevoer en in die teenwoordigheid van die verdagte op vier gewere met 123 rondtes ammunisie en vier 9 mm-pistole met 150 rondtes ammunisie wat op die perseel gevind is beslag gelê.

Die verdagte sal binnekort op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die Athlone-landdroshof verskyn.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief