Verdagte in hegtenis na skietery by politieke veldtog

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Jossey Modikane Buthane (44) is Vrydag op borg van R5 000 in die Sesehgo-landdroshof vrygelaat na ‘n man (25) Sondag tydens ‘n politieke veldtog geskiet is.

Brig. Hlulani Mashaba sê die verdagte het op aanklagte van poging tot moord in die hof verskyn, nadat geweld tydens die veldtog in Juju Valley uitgebreek het. Buthane, ‘n lid van een van die partye, is Vrydagoggend op aanklagte van poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gearresteer en het in die hof verskyn.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 2 Julie uitgestel.

Tydens die insident het ‘n meisie (9) ook skietwonde opgedoen. Sake van onder meer opsetlike saakbeskadiging, roof en oortreding van die verkiesingswet word nog ondersoek.

Lt.genl. Thembi Hadebe het die deurbraak geprys: “The police will continue to uphold the rule of law and order, thus protecting the democratic rights of all citizens to vote in a safe and secure environment. The police will act harshly against anyone who conducts himself or herself with impunity irrespective of social standing.”

Mashaba sê voorts die polisie monitor geïdentifiseerde brandpunte vir enige noodgevalle of dreigemente wat gedurende die verkiesingstydperk mag ontstaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief