GAUTENG. – ‘n Verdagte (35) is Donderdag omstreeks 16:00 in Impangelastraat in Delmore Park met gevlekte banknote ter waarde van R4 150 in sy besit in hegtenis geneem.
Ekurhuleni se metropolisiedepartement het die verdagte in samewerking met die polisie by sy huis vasgetrek nadat inligting ontvang is. Volgens inligting het die verdagte glo onwettige vuurwapens en ammunisie gehad. Die huis is deursoek en verskeie R200-, R100- en R50-note met inkvlekke is gevind, waarvoor geen verduideliking gegee kon word nie.
Die verdagte is vir die beweerde besit van vermoedelik gesteelde eiendom by Reiger Park-polisiestasie in aanhouding. Hy sal na verwagting binnekort in die Boksburg-landdroshof verskyn.
Bron: EMPD





