VSA. – ‘n Verdagte in die skietery van twee Demokratiese wetmakers en hulle families in Minnesota is Sondagaand in hegtenis geneem.
Lees ook: Amerikaanse wetmakers in huise geskiet
Vance Luther Boelter (57) is in hegtenis geneem vir die moord op die speaker Melissa Hortman en haar man Mark, asook die skietery op ‘n senaatlid van die staat, John Hoffman, en sy vrou, Yvette.
Minnesota se goewerneur, Tim Walz, het die aanvalle beskryf as “polities gemotiveerd”. Boelter het hom as ’n polisiebeampte voorgedoen om toegang tot die slagoffers te kry.
Die polisie het gesê lyste is in sy voertuig gevind met die name van verskeie Demokratiese partylede en ondersteuners van aborsieregte. Hy was gewapen toe hy in hegtenis geneem is, maar het geen weerstand gebied nie.
Bronne: BBC, The Independent, Fox News
Lees ook: Amerikaanse wetmakers in huise geskiet





