Lees ook: Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar by Olimpiese Spele doodgaan
PARYS, FRANKRYK. – ’n Verregse verdagte (18) is in hegtenis geneem en ondervra oor ’n beweerde terroristekomplot. Die verdagte word daarvan verdink dat hy van plan was om aanvalle te loods tydens die Olimpiese Spele wat volgende week begin.
Hy het die dreigemente op ’n Telegram-groep, genaamd die “French Aryan Division” wat deur hom bestuur word, gemaak.
Bronne: IOL, New Straits Times, Reuters
Lees ook: Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar by Olimpiese Spele doodgaan