Verdagte in hof na 11 kinders uit skuiling verwyder is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Altesaam 11 kinders is Maandag van ‘n perseel in Schoemansville in Hartbeespoortdam verwyder. Mike Cronjé (57) van dieselfde perseel staan op aanklagte van die onwettige besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en springstof tereg.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê inligting van ‘n nie-winsgewende organisasie wat handel dryf, is deur ‘n multidissiplinêre span opgevolg. Die skuiling vir behoeftige kinders is in 2012 geregistreer, maar registrasie is daarna deur die departement van maatskaplike ontwikkeling gekanselleer, aangesien daar nie aan regulasies en vereistes voldoen is nie. Die skuiling is ook nie as ‘n kinder-en-jeugsentrum geregistreer nie en het dus die kinderwet en regulasies van ‘n geregistreerde kinder-en-jeugsentrum oortree. ‘n Lasbrief vir deursoeking en beslaglegging in terme van die strafproses- en kuberwet is bekom, waarna ‘n klopjag uitgevoer is.

Mogale sê kinders tussen 13 en 17 jaar is van die perseel verwyder, vir mediese assessering na die distriksgeneesheer geneem en toe aan die departement van maatskaplike ontwikkeling oorhandig. Op die perseel is elektroniese toerusting, soos rekenaars, drie ongelisensieerde gewere, ammunisie en springstof vir verdere ondersoek gekonfiskeer.

Cronjé het Dinsdag op aanklagte in die Brits-landdroshof verskyn, waarna die saak vir ‘n formele borgtogaansoek tot 8 April uitgestel is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief