Verdagte in hof ná 7-jarige ontvoer verkrag en verwurg is

Lees ook :

Foto: Nicole Fisher

OOS-KAAP. – ‘n Man (45) is in hegtenis geneem nadat Niesha (7) in Parkside ontvoer, verkrag en verwurg is. Die meisie is as vermis aangemeld, waarna haar liggaam Saterdag by ‘n stortingsterrein in Second Creek gevind is.

Brig. Nobuntu Gantana sê die meisie is glo laas gesien waar sy saam met ander kinders gespeel het toe ’n man haar by ’n nabygeleë spazawinkel genader het en na haar pa gevra het. Die ander kinders het later huis toe gegaan sonder om haar ouma te waarsku. ’n Soektog is van stapel gestuur toe sy nie teruggekeer het nie, waarna daar uiteindelik op haar liggaam afgekom is.

Die polisie se ondersoek, saam met verklarings van kinders wat die meisie saam met die verdagte gesien het, asook die uitslae van ‘n nadoodse ondersoek, het Dinsdag tot die man se inhegtenisneming gelei.

Die verdagte sal na verwagting vandag op die aanklagte in die Oos-Londen-landdroshof voorkom. Polisiebestuur het die vinnige optrede van die eenheid vir gesinsgeweld-, kinderbeskerming- en seksuele misdrywe geprys en bevestig dat die ondersoek voortduur.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief