Lees ook: Kelly Khumalo het glo Senzo Meyiwa-huurmoord gereël
PRETORIA. – Daar was glo ’n gelddispuut tussen die verdagtes in die moord op Senzo Meyiwa na hulle die sokkerspeler vermoor het.
Die skulderkennings van Muzikawukhulelwa Sibiya en Bongani Ntanzi is gister in die hof gelees. Ntanzi het 19 Junie 2020 die eerste keer skuld erken voor kol. Moholo Raphadu. Raphadu het gister Ntanzi se skulderkenning gelees waarin hy gesê het Kelly Khumalo het Meyiwa se moord gereël.
Khumalo was Meyiwa se meisie en hy is in haar huis doodgeskiet in 2014. Sy het voorheen twee oproepe van een van die verdagtes gekry voor Meyiwa se moord.
Ntanzi het gesê daar was na die moord ’n argument oor hoeveel geld elkeen moes ontvang. Hy het gesê hy het R45 000 gekry.
Ntanzi het beweer die dispuut oor die geld het so erg geraak Sibiya het inligting oor die moord gelek.
Sibiya het in sy skulderkenning gesê hy het R30 000 vir die moord ontvang.
Bronne: The Citizen, EWN, News365
Lees ook: Kelly Khumalo het glo Senzo Meyiwa-huurmoord gereël





