Verdagte in moord van tiener neem glo eie lewe

Lees ook :

Foto: Lowveld High School

MPUMALANGA. – ‘n Man (23), die verdagte in die moord op Amanda Lethukuthula Masango (17), ‘n matriekmeisie van Kanyamazane, het na bewering op 1 April om ongeveer 20:00 sy eie lewe in Pienaar geneem.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer om die omstandighede van die verdagte se dood te ondersoek. Volgens die voorlopige ondersoek is bevind die verdagte het vermoedelik sy eie lewe geneem. Sy familielede het hom na bewering aangetref waar hy met ‘n tou om sy nek hang gehang het, en hom losgesny.

Die geregtelike doodsondersoek van die verdagte op 1 April, asook die moord van die tienermeisie op 17 Maart, duur voort.

George Mthethwa, die woordvoerder van premier Mandla Ndlovu, het na die tiener se afsterwe in ‘n verklaring gesê die premier is ontsteld oor haar dood. Masango se liggaam is in ‘n huis in uitbreiding 16 in Kanyamazane aangetref. Sy was glo onderweg skool toe, toe sy brutaal vermoor is. Mthethwa het voorts gesê die polisie het ‘n 23-jarige verdagte gearresteer. Die premier het gevra daar moet meer beslissend teen oortreders opgetree word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief