Verdagte met ‘gesteelde diamante’ vas, moontlik met Liebenbergsaak verbind

Lees ook :

Foto's: Gauteng Department of Community Safety

GAUTENG. – ‘n Verdagte is Vrydag tydens patrollie van verskeie eenhede met beweerde gesteelde diamante ter waarde van R6 m. in hegtenis geneem.

Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid sê ‘n multidissiplinêre span, wat Gauteng-verkeerspolisie, die blitspatrollie, Ekurhuleni-metropolisie en Valke (TOMS HQ) insluit, was besig met patrollie toe inligting van ‘n Toyota Land Cruiser met beweerde gesteelde eiendom op die M1 ontvang is. Die voertuig is in Corlettrylaan in Johannesburg opgemerk en is takties tot stilstand gedwing. Die verdagte bestuurder is ondervra, waartydens hy glo verklaar het hy is in besit van 15 diamante, ‘n 9 mm-Glock-handwapen, twee magasyne en 29 lewendige rondtes ammunisie. Die vuurwapen is met die sirkulasiestelsel getoets en die uitslae het negatief teruggekom.

Die Valke (SOCI Pta.) het op die toneel aangekom en bevestig die verdagte is onder ondersoek vir ‘n soortgelyke saak wat met diamante in Bronkhorstspruit verband hou. Die verdagte kon nie geldige en wettige dokumentasie wat hom magtig om edelmetale in sy besit te hê, toon nie en is op aanklag vir die besit van gesteelde eiendom gearresteer.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief