Verdagte naby moordtoneel vasgetrek

Lees ook :

Foto: Slegs ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Verdagte (18) wat na bewering Vrydagmiddag tydens ‘n rusie met ‘n mededingende bende vir Dominic Sebastian Ruiters (36) doodgeskiet het, is naby die toneel in Shauderville in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu sê tydens die rusie wat omstreeks 14:45 plaasgevind het, het die oorledene die 18-jarige glo geïgnoreer en in sy ma se huis in Dinsmorestraat ingestap. Die verdagte het hom na bewering agtervolg en verskeie kere geskiet.

Naidu sê die verdagte, wat terug is straat toe, is in hegtenis geneem vir moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Hy is blykbaar op 9 Maart met die vuurwapen deur Gelvandale-polisiestasie se opsporingslede met die vuurwapen raakgesien, waarna hy agtervolg is en oor ‘n muur gespring en die vuurwapen weggegooi het. ‘n Navraag was geopen, maar hy is nie in hegtenis geneem nie.

Tydens ondersoek is bevind die vuurwapen is in Mangaung as gesteel aangemeld en sedertdien was die polisie op die verdagte se spoor.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

“Die motief vir die moord is bendeverwant.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief