NOORDWES. – Matlhogonolo Katong (28) het Maandag vir die onwettige besit van diamante in die Mmabatho-landdroshof verskyn.
AO Amogelang Malwetse sê die Valke het inligting in Mahikeng opgevolg van ‘n verdagte wat glo ‘n koper soek vir ongeslypte diamante.
‘n Operasie is op 15 Maart uitgevoer waartydens die verdagte in die Mahikeng Mall in hegtenis geneem is terwyl ‘n transaksie plaasgevind het.
Die saak is vir formele borg tot 26 Maart uitgestel.





