Verdagte rig vuurwapen op polisielede en sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP.- ‘n Man, vermoedelik in sy laat 20’s, is Dinsdag in Motherwell deur lede van die nasionale intervensie-eenheid doodgeskiet, toe hy ‘n vuurwapen op hulle gerig het.

Kapt. André Beetge sê die eenheid het inligting opgevolg oor ‘n man wat in Nkumestraat in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen was. Die verdagte het ‘n vuurwapen op die polisielede gerig en is doodgeskiet.

Beetge sê die polisie het op die vuurwapen en ammunisie beslag gelê, asook op ‘n seinstoringsapparaat (signal jammer) wat in die huis gevind is.

“Sake van rig van ‘n vuurwapen, geregtelike doodsondersoeke, besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is by SAPD-Motherwell vir ondersoek geopen. Die geregtelike doodsondersoekdossier sal vir verdere ondersoek na die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat oorgedra word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief