Verdagte van afpersing verdink, doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Verdagte (30) wat van afpersing beskuldig is, is Saterdag omstreeks 14:00 in Canzibe, Ngqeleni, tydens ‘n skietery met die polisie noodlottig gewond.

Luidens ‘n verklaring van brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, het lede van die taktiese reaksiespan (TRT) inligting ontvang oor ’n verdagte wat met ’n plaaslike afpersingsindikaat verbind word. Beamptes het probeer om ‘n voertuig waarin die verdagte en ‘n manlike passasier was, tot stilstand te bring, waarop die verdagte gestop het en op die polisiebeamptes begin skiet het. Die polisie het uit selfverdediging teruggeskiet en die verdagte noodlottig gewond. Die passasier is vir ondervraging geneem. ’n 9 mm-pistool en ammunisie is op die toneel gevind.

Alle nodige rolspelers was op die toneel teenwoordig. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die skietvoorval ondersoek soos deur standaardprosedure vereis word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief