KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte (21) is tuis in hegtenis geneem, nadat hy glo Vrydag ‘n voertuig gekaap, die slagoffer (37) teen ‘n wal af gestamp en boonop ‘n ongeluk met die voertuig gemaak het.
Kapt. Alex Thomson sê die verdagte is deur ‘n getuie uitgeken nadat die gekaapte en gestampde voertuig gevind is.
Die slagoffer het ‘n geleentheid met ‘n taxi gekry en die misdaad by die KwaDukuza-polisie aangemeld. Speurders het die saak ondersoek en Saterdag die inhegtenisneming gemaak.
Die verdagte sal na verwagting in die KwaDukuza-landdroshof verskyn.





