Verdagte vasgetrek wat glo dagga aan skoolkinders verkoop

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (29) is gearresteer terwyl hy glo Woensdag dagga buite ‘n hoërskool in Lamontville aan leerlinge verkoop het.

Kol. Robert Netshiunda sê lede van die maatskaplike misdaadvoorkomingseenheid het ‘n wenk ontvang en ‘n operasie geloods.

“Tydens die uitvoering van die operasie is die verdagte saam met tien leerlinge, van wie agt meisies, in ‘n kamer langs die hoërskool gekry. Die verdagte is ook in besit gevind van dagga wat hy aan die jong skoolkinders verkoop het.”

Netshiunda sê met die oog op die eksamen is die leerlinge streng in die teenwoordigheid van hulle ouers gewaarsku en in die sorg van hul ouers vrygelaat.

Die verdagte verskyn vandag (Donderdag) op aanklag van handel in dagga in die Wentworth-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief