NOORDWES. – Robbert Joubert (73) het Maandag in absentia op aanklagte van die dubbele moord op die Fourie-broers, bekende hoenderboere, van Chubby Chick in die Potchefstroom-landdroshof verskyn. Joubert is steeds in die hospitaal en sal weer op 30 Januarie in die hof verskyn.
Die saak spruit uit ’n skietvoorval wat op 11 November 2025 omstreeks 10:45 by die Chubby Chick-sakeperseel in die industriële gebied van Potchefstroom plaasgevind het, waartydens Johnathan Robbert Fourie (52) op die toneel doodgeskiet is en sy broer, Deon (55), ernstig beseer is.
Deon Fourie, wat ná die skietery in die hospitaal opgeneem is, het op 14 Desember 2025 gesterf. Die aanklagte is daarna verander om ‘n tweede moordklag teen die verdagte in te sluit. Die verdagte was glo in ’n vergadering by die broers se sakeperseel toe hy ’n vuurwapen te voorskyn gebring en op die twee broers geskiet het. Veiligheidspersoneel het ingegryp en die verdagte ná die voorval aangehou.
Bronne: SAPD en Citizen





