Verdagte vir moord op Monneashia Prins weer Maandag in hof

Lees ook :

Foto's: Tamikua Whiteyy Humphreys en Francois Cornelius

WES-KAAP. – Monneashia Prins (11) van Ithemba Farms se lewelose liggaam is op 10 Februarie in ‘n kanaal gevind nadat sy op 9 Februarie vermis geraak het. Die saak is tot 4 Maart uitgestel sodat die beskuldigde regsverteenwoordiging kan kry en formeel vir borg aansoek kan doen.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Mikaeel Oliver het vir moord, ontvoering, verkragting en regsverydeling in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

Nuuflits het voorheen berig Prins was in haar skooluniform en pienk hoodie geklee toe sy ‘n laaste keer gesien was.

‘n Geregtelike doodsondersoek was aanvanklik by Kleinvlei-polisiestasie geregistreer sodat die oorsaak van Prins se dood deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel kon word.

IOL berig Oliver (18), ‘n buurman van Prins, het regsverteenwoordiging in die hof geweier en gesê hy sal vir homself praat; hy is skuldig en wil net gevonnis wees om sy les te leer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief