Verdagte vir ‘vervaardiging en besit van bedrieglike dokumente’ gearresteer

Lees ook :

Foto's: Departement van gemeenskapsveiligheid

GAUTENG. – ‘n Verdagte is Sondag op aanklag vir die besit van vervalste dokumente in Esselen Park in Tembisa in hegtenis geneem.

Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid sê inligting oor ‘n verdagte wat glo ID’s vervaardig, is gekry en opgevolg. Tydens deursoeking in ‘n multidissiplinêre operasie is verskeie dokumente in die verdagte se besit aangetref. Dit sluit SA-identiteitsdokumente, buitelandse identiteitsdokumente, bestuurslisensies, bankkaarte en Sassa-kaarte vir maatskaplike toelaes in.

Die verdagte kon nie ‘n bevredigende verduideliking oor die dokumente verskaf nie en is onmiddellik op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief