OOS-KAAP. – ‘n Vroulike verdagte (51) sal Vrydag op beskuldiging van moord in die New Brighton-landdroshof voorkom. Dit volg nadat Moegamat Dollie (22) dood met skietwonde aangetref is.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê Dollie se liggaam is omstreeks 07:50 op 28 Oktober in Munsuristraat in Missionvale aangetref nadat die Algoa Park-polisie op ‘n moordklag reageer het. Dollie het skietwonde aan die kop en nek gehad.
“Geen ander inligting is op die toneel verskaf nie.”
Die verdagte is vir moord in hegtenis geneem na ondersoek gedoen is.
“Die ondersoek duur voort en nog arrestasies is op die horison,” het kapt. Janse van Rensburg gesê.





