Verdagte wat glo bejaardes besteel, vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Innocent John Pretorius (51) is Woensdagaand vasgetrek nadat hy glo bejaardes in ouetehuise besteel het.

Lt. kol. Jabu Ndubane sê Pretorius het lank vir die gereg weggekruip, maar is uiteindelik op aanklag van diefstal gearresteer na ‘n pensioenaris (76) in ‘n bejaardesorgtehuis in Belfast besteel is. Pretorius het glo ‘n skoonmaakdiens aan die tehuis bedryf en van die geleentheid gebruik gemaak om bejaardes van waardevolle items te besteel.

Nadat ‘n saak oopgemaak is, het Pretorius glo verdwyn en sedertdien weggekruip, totdat die polisie hom opgespoor het. Hy word moontlik aan soortgelyke insidente by bejaardesorgtehuise in die omgewing van Beflast, Middelburg, Howard en Paulpietersburg gekoppel. Die polisie kan nie die moontlikheid uitsluit nie dat meer sake in gebiede wat nie genoem is nie, bygevoeg kan word.

Pretorius het Vrydag in die Belfast-landdroshof voorgekom, waarna die saak tot 24 Februarie uitgestel is. Die beskuldigde bly in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief