KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte (38) is Donderdag, letterlik minute nadat sy glo ‘n vrou (30) in Shayamoya in Kwadukuza doodgesteek het, in hegtenis geneem.
Kapt. Alex Thomson sê volgens getuies het ‘n argument tussen die verdagte en oorledene uitgebreek. Die verdagte het glo ‘n mes uitgehaal en die oorledene verskeie kere in haar bolyf gesteek. Sy is op die toneel dood verklaar. Omstanders wat ooggetuies van die moord was, het die verdagte geïdentifiseer.
Die verdagte is aangekeer en op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Die verdagte het in KwaDukuza-landdroshof verskyn.





