Verdagte wat glo meisie (9) verkrag in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Verdagte (39) het Donderdag vir die beweerde verkragting van ‘n gestremde meisie (9) in die Rustenburg-landdroshof voorgekom. Hy bly in aanhouding totdat die saak weer op 18 April voorkom.

Kol. Adéle Myburgh sê die kind het op 7 April saam met haar ouers en hulle vriend na ‘n vergadering by Freedom Park gery. Na die vergadering het die ouers glo kos gaan koop en die kind in die sorg van die vriend in die motor gelaat. Na bewering het hulle teruggekeer en die man aangetref, besig om die kind op die agtersitplek te verkrag. Die ma het om hulp geskree en die pa het die verdagte van sy kind weggepluk. Lede van die publiek het die man gegryp. Die kind se pa moes hom later red en hy is aan die polisie in Phokeng oorhandig, waar hy dadelik in hegtenis geneem is.

Rustenburg-GKS ondersoek die saak. Lt.genl. Sello Kwena het die inhegtenisneming van die verdagte verwelkom.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief