Verdagte wat glo polisieman doodskiet deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – ‘n Polisieman is verlede week glo deur twee verdagtes oorval en doodgeskiet. Die polisie het tydens ‘n operasie waartydens inligting oor die verdagte opgevolg is, onder vuur gekom, waarna die verdagte noodlottig gewond is.

AO Majola Nkohli sê die polisie het Woensdagmiddag inligting in Ngqeleni opgevolg. Na bewering het een van die verdagtes van die polisieman se moord in ‘n huis in Mqangqweni weggekruip. Met aankoms by die perseel is daar op die polisie geskiet. Hulle het teruggeskiet en die verdagte noodlottig gewond.

“Daar word verder gesê dat een van die items waarop daar op die toneel beslag gelê is, die gesteelde vuurwapen van die oorlede polisieman was.”

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Opod, die polisiewaghond, ondersoek die voorval.

Nuusflits het voorheen berig ‘n adjudant-offisier (59) is in Chaplainstraat in Ngqeleni deur twee verdagtes oorval en doodgeskiet.

AO Majola Nkohli sê een van die verdagtes was glo gewapen. Die polisielid is geskiet, waarna sy dienspistool gesteel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief