Verdagte wat man doodskiet, gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Man (43) is glo Vrydag omstreeks 15:15 in die berge van Makonde-dorpie in Thohoyandou doodgeskiet.

Kol. Malesela Ledwaba sê die oorledene en sy vriende was na bewering besig om tradisionele kruie bymekaar te maak toe ‘n verdagte met ongeveer 20 honde opgedaag het. ‘n Argument het glo tussen die oorledene en die verdagte, wat aan hom bekend is, ontstaan, waarna die verdagte ‘n vuurwapen uitgehaal en die oorledene noodlottig gewond het.

Die oorledene se vriende kon vlug en hulp ontbied. Nooddienste en die polisie is na die toneel waar die oorledene reeds aan verskeie skietwonde gesterf het. Die oorledene se identiteit word tans nog weerhou.

Ledwaba sê ‘n saak van moord is geregistreer en daar word na die verdagte gesoek.

Enigiemand met inligting van die verdagte kan speur.sers. Ntodeni George Nevhutalu by 072 611 7887 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief