KWAZULU-NATAL. – Drie verdagtes is Maandagmiddag in ‘n skietgeveg met die polisie in die Zimbabwe-gebied van Amaoti, in Inanda, noodlottig gewond.
Kol. Robert Netshiunda sê vier bendelede is gedurende April in Cato Manor gearresteer. Die polisie was kort op die hakke van nog verdagtes, van wie een, vermoedelik die leier van die groep, arrestasie kon ontduik. Die polisie het Maandagmiddag op intelligensie en inligting van gemeenskapslede reageer en is na ‘n huis gelei waar die verdagtes geskuil het. Toe die polisie die huis nader, het die verdagtes deur die vensters op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en die drie verdagtes, insluitende die een wat in April inhegtenisneming ontduik het, noodlottig gewond.
Drie vuurwapens is in die besit van die verdagtes gevind. Geen polisielid is tydens die skietery beseer nie.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





