Verdagtes dood nadat vuurwapen glo op polisie gerig is

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die polisie se taktiese reaksie-eenheid (TRT) van Ekurhuleni het Saterdag twee verdagtes in Ivory Park doodgeskiet en nog een gewond.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê TRT-lede was besig met patrollie in die gebied toe ‘n Ford Figo sonder ‘n registrasieplaat opgemerk is. Die polisielede het die verdagte voertuig tot stilstand probeer bring, maar die insittendes het weggejaag. In Dlaministraat is die voertuig geblokkeer, waarna ‘n insittende glo ‘n vuurwapen op die polisie gerig het.

Drie verdagtes is geskiet, van wie twee op die toneel dood verklaar is. Die beseerde verdagte is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal. ‘n Vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, is in die voertuig gevind.

Nevhuhulwi bevestig die verdagte in die hospitaal sal vir die rig van vuurwapen en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief