Three accused in the murder of five-year-old Ditebogo Phalane appear at the Pretoria North Mag Court.
— ✨ Hloni Mtimkulu ✨ (@HloniMtimkulu) May 28, 2024
For this matter, all 3 face murder and robbery-aggravating charges.
Accused 3 also faces charge for contravention of Immigration Act.
The three have abandoned bail.@eNCA pic.twitter.com/9GgWI7oi6F
GAUTENG. – Elia Moeko (36), Ali Sithole (30) en Nido Gumbe (29) van Soshanguve het vlugtig op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn. Al drie het borg laat vaar en gesê hulle het onafgehandelde sake.
Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Gumbe het ‘n addisionele klag van oortreding van die immigrasiewet wat ook aangehoor word.
Ditebogo Phalane is op 10 Mei doodgeskiet, na bewering deur die drie verdagtes toe hulle glo vir Tebogo Phalane van sy voertuig wou beroof. Die verdagtes is op 23 Mei by Pretoria-Moot-polisiestasie, waar hulle vir ander aanklagte aangehou is, in hegtenis geneem.
Moeko het ‘n aanklag van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie teen hom uitstaande.
Sithole verskyn op 28 Junie in die Ga-Rankuwa-landdroshof op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, asook gewapende roof met verswarende omstandighede. Hy het ook ‘n uitstaande saak van die besit van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie by Atteridgeville-polisiestasie.
Gumble het ‘n saak van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie by Atteridgeville-landdroshof teen hom uitstaande.
Die Phalane-saak is tot 27 Augustus uitgestel sodat verdere ondersoek kan voortgaan en ‘n beslissing deur die direkteur van openbare vervolging gemaak kan word.

