OOS-KAAP. – ‘n POS-masjien (point of sale machine) is na bewering gebruik om ‘n slagoffer te besteel nadat vyf vermomde verdagtes glo Woensdagaand omstreeks 22:00 op ‘n huis in Orange Groove, Ngangelizwe, toegeslaan het. Die eienaar van die huis en sy vriendin is met vuurwapens gedreig en met toue vasgebind. ‘n Snelbetaaltoestel is gebruik om ‘n onbekende bedrag geld uit die slagoffer se rekening te onttrek nadat sy bankkaart geëis is.
Kapt. Welile Matyolo, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na ‘n huisroof in aanvang ontbied. Die voorval is onmiddellik op alle polisiekommunikasiekanale uitgesaai. Twee van die vyf verdagtes is later by Mthatha Plaza Mall opgespoor en in hegtenis geneem. Kontant en sekere gesteelde items is by hulle gevind. Die ander drie verdagtes is steeds op vrye voet.
Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Mthatha-landdroshof verskyn.

Foto: SAPD
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





