Verdagtes in hegtenis na skietery op N2

Lees ook :

Verdagtes in hegtenis na skietery op N2
Verdagtes in hegtenis na skietery op N2 fotokrediet: Canva

Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeur

GQEBERHA. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem na ’n skietery op die N2 wat in ’n ongeluk geëindig het.

’n Silwer VW Polo met vier insittendes was Donderdag op die N2 op pad na Gqeberha. Die bestuurder het agtergekom ’n wit Ford Ranger en blou VW Polo is agter hom. Hy het uit die pad beweeg sodat die Ford Ranger kon verbygaan, toe twee passasiers in die Ford Ranger op die silwer Polo begin skiet het.

Die silwer Polo het in die Ford Ranger vasgery, was veroorsaak het dat die bestuurder van die Ford beheer verloor en in ’n pilaar onder ‘n brug vasgery het.

Daarna het die blou Polo nader gery en die insittendes het ook op die silwer Polo begin skiet.

Die bestuurder van die silwer Polo het met twee gewonde passasiers na Livingstone gery terwyl die blou Polo weggery het.

Een van die insittendes van die Ford Ranger het gevlug. Die bestuurder is dood en nog twee insittendes is beseer. Die Ford Ranger is vermoedelik gesteel. Die twee passasiers wat beseer is, is na die hospitaal geneem vir behandeling en in hegtenis geneem. Twee vuurwapens en ammunisie is in die Ford gekry.

Die rede vir die skietery is onbekend en die polisie ondersoek die saak.

Bronne: SAPD

Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief