Verdagtes in hegtenis vir besit van verskeie bankkaarte

Lees ook :

Verdagtes in hegtenis vir besit van verskeie bankkaarte
Verdagtes in hegtenis vir besit van verskeie bankkaarte fotokrediet: Canva

Lees ook: Michelle Botes oorlede

POTCHEFSTROOM. – Die publiek word gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle hulle bankkaarte hierdie feestyd gebruik.

Dit volg na twee onderskeie voorvalle waar verdagtes in hegtenis geneem is vir besit van verskeie bankkaarte.

In die eerste voorval op Woensdag het ‘n man probeer geld trek by ‘n inkopiesentrum in Potchefstroom. Na hy sy kaart en pin by die OTM ingetik het, het hy nie geld gekry nie. Toe hy die transaksie kanselleer, het hy opgemerk die kaart wat hy teruggekry het, is nie sy kaart nie. Hy het toe ‘n boodskap gekry dat geld by ‘n vulstasie uit sy rekening onttrek is. Die man het sy kaart geblok, na die vulstasie gegaan en op die CCTV-kameras gekyk wie die geld onttrek het. Hy is daarna polisie toe.

Die slagoffer het Vrydag weer geld probeer trek en ‘n man opgemerk wat lyk soos die man in die CCTV-beeldmateriaal en vir hulp geskree. Die verdagte het probeer vlug, maar is by die taxistaanplek aangekeer. Die polisie het hom in hegtenis geneem en verskeie bankkaarte in sy beursie gevind.

Nog ‘n verdagte met verskeie bankkaarte wat in sy onderklere weggesteek is, is Vrydag in Potchefstroom in hegtenis geneem na die polisie sy voertuig gesien het.

Die tweede verdagte is in Gauteng ook op verhoor vir dieselfde aanklagte.

Beide verdagtes sal Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklagtes van besit van moontlik gesteelde eiendom.

Bronne: SAPD

Lees ook: Michelle Botes oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief