Verdagtes in ontvoering van leerder by skool bly in aanhouding

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Vier vroue – Sibongokuhle Nelisiwe Mkhwanazi (21), Nkosingiphile Emelda Nkosi (42), Dineo Masesi Zondo (41) en Mpumelelo Patricia Mkhize (42) – en Caleb Kamahelo Sebatane (23), Thabang Elim Mndebele (35) en Dumisane Zondo (33) bly vir eers in aanhouding totdat ‘n ontvoeringsaak teen hulle weer op 14 Augustus in die hof voorkom.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi van die Valke sê die beskuldigdes het Vrydag in die Kriel-landdroshof op aanklag van ontvoering van ‘n leerder by ‘n skool op Kriel verskyn. Die saak vir die amptelike borgaansoek is uitgestel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Minderjarige leerder is Maandag 22 Julie by ‘n hoërskool op Kriel ontvoer. Die verdagtes het Maandag in die Kriel-landdroshof verskyn, waarna die saak uitgestel is en die sewe verdagtes in aanhouding bly.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het reeds twee keer in die hof verskyn, waarna die saak vir die aanstel van privaat, sowel as staatsverteenwoordiging na 2 Augustus uitgestel is.

Die verdagtes, vier vroue en drie mans, het op die betrokke dag van die ontvoering ‘n hoërskool op Kriel besoek. ‘n Vroulike verdagte is by die skoolgrond in en het ‘n ander leerder gevra om die slagoffer te roep en te sê haar ma is siek.

“Die slagoffer het aangehardloop gekom, en hulle het vir haar gesê dat hulle gestuur is om haar te haal. Die slagoffer het in die voertuig geklim en hulle het weggejaag.”

Sekgotodi sê die verdagtes het glo vir die kind gesê haar ma skuld hulle, waarna oproepe gemaak is en ‘n losprys van R200 000 geëis is.

“Die klaagster, wat ‘n sakevrou is, het aan die verdagtes gesê dat sy nie die geëisde losprys het nie, maar slegs R9 000.00. Sy het drie bankrekeninge gekry om die geld deur cash send te deponeer. Nadat die geld gedeponeer is, het die verdagtes dit onttrek.”

Die voorval is aan die polisie gerapporteer, waarna verskeie eenhede, insluitend die Valke en die polisie se selfmoord-en-gyselaaronderhandelaar, vinnig reageer het.

“Voorlopige ondersoek het gelei na die verdagtes en die geïdentfiseerde verdagte voertuig in die omgewing waar die geld onttrek is.”

Die ondersoek is daarna op Vosloorus in Gauteng voortgesit waar vier verdagtes in hegtenis geneem en die slagoffer ongedeerd teruggevind is. Die losprysgeld is ook teruggekry. Hierna is die ondersoekers terug Kriel toe waar nog drie verdagtes in hegtenis geneem is.

Sekgotodi sê die saak is na Maandag uitgestel vir regshulp en die aanstel van private prokureurs.

Maj.genl. Gerber, provinsiale hoof van die Valke, het die span geprys wat die kind teruggevind het.

“Die generaal het verder bystand van alle gemeenskapslede versoek om hande te vat om die vlaag van ontvoeringsvoorvalle wat in die provinsie aan die toeneem is, te beveg.”

“Die ouers en publiek word gemaan om hul kinders in te lig dat hulle nie saam met enigiemand mag ry nie, tensy dit spesifiek deur die ouers gereël en hulle daaroor ingelig is. Opvoeders word versoek om leerders oor die kwessie tydens byeenkomste en vergaderings bewus te maak. Die departement word versoek om veiligheid by skole te verseker en toegang tot skoolpersele te beperk.”

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief