Verdagtes laat spaander toe bejaarde glo skote skiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Man (68) het ongedeerd daarvan afgekom, nadat hy Donderdag in sy plaashuis in die Tsitsikama-gebied ‘n struweling met verdagtes gehad en na bewering skote geskiet het. Die aanvallers het met leë hande gevlug.

Kapt. Marius McCarthy, polisiewoordvoerder, sê die man het geslaap toe hy deur bewegings in sy slaapkamer wakker geword het. Hy het glo vyf mans met vermomming in die kamer opgemerk. ’n Skermutseling het ontstaan, maar die slagoffer het glo daarin geslaag om by sy vuurwapen uit te kom en skote op die aanvallers te skiet.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot huisroof. Enigiemand met relevante inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisname kan lei, word versoek om kapt. JE Blaauw by 082 529 4917 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief