Verdagtes laat vaar weer borg na seun (5) se skietdood

Lees ook :

Foto's: Op lêer en NVG

GAUTENG. – Die verdagtes in die skietdood van Ditebogo Phalane (5), wat op 10 Mei doodgeskiet is toe hy sy pa, Tebogo, wat glo die teiken van ‘n gewapende kaping was, tegemoetgehardloop het, het weer hul borgaansoek laat vaar.

Elia Moeko (36), Ali Sithole (30) en Nido Gumbe (29) het Donderdag tydens hulle verskyning in die Pretoria-Noord-landdroshof aangedui dat hulle hul borgaansoek laat vaar.

Dit volg nadat hulle op 28 Mei ook hul borgaansoek laat vaar het, maar op 27 Augustus weer aangedui het dat hulle borg sal oorweeg.

Volgens me Lumka Mahanjana van die NVG word die drie mans op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede aangehou. Gumbe het ook die immigrasiewet oortree. Hulle is op 23 Mei in hegtenis geneem terwyl hulle vir onverwante sake by die Pretoria-Moot-polisiestasie aangehou is.

Mahanjana sê Moeko het in ‘n onverwante saak, in dieselfde hof waar hy op aanklag van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie teregstaan, borg laat vaar.

Moeko het in ‘n ander saak, waar hy aangekla word van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, sy borgtog in dieselfde hof laat vaar. Sithole en Gumbe het uitstaande sake oor die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie wat steeds hangend is in die Atteridgeville-landdroshof. Sithole is verder in ‘n ander saak betrokke, met aanklagte van die besit van ‘n vuurwapen, ammunisie, poging tot moord, en roof met verswarende omstandighede in die Ga-Rankuwa-landdroshof.

“Die hof het die saak vir verdere ondersoek tot 4 Desember 2024 uitgestel. ‘n Besluit deur die direkteur van openbare vervolging oor die moontlike samevoeging van alle sake teen die beskuldigdes word oorweeg. As NVG bly ons daartoe verbind om geregtigheid in hierdie saak na te streef en beklemtoon die ernstige aard van die betrokke misdade. Die organisasie sal voortgaan om aanspreeklikheid te soek vir diegene wat verantwoordelik is vir geweldsmisdade teen lede van die gemeenskap.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief