Verdagtes maak gebruik van vertragingstegnieke

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Tydens ‘n gesamentlike operasie van wetstoepassers is Vrydag in Ottawa ervaar hoe verdagtes hulleself van die lang arm van die gereg beskerm deur toegang te bemoeilik.

Reaction Unit South Africa sê tydens ‘n soektog na ‘n verdagte is gevind hy het toegang tot sy huis onder andere met pitbulls, lemmetjiesdraad, ‘n elektriese heining versper. Dit is waarskynlik ‘n poging om beamptes te keer en vir tyd te speel. Hierdie maatreëls bemoeilik wetstoepassingsagentskappe se werk.

Kieran Ramjogi van Rusa moes toegang deur die dak van ‘n perseel verkry, terwyl ‘n ander beampte ‘n hond gepaai het. Boutsnyers moes ook in die proses gebruik word.

Rusa sê die vertragingstegniek is om verdagtes tyd te gee om byvoorbeeld dwelms te vernietig, wapens te versteek en ‘n ontsnaproete te beplan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief