Verdagtes met 10 ongelisensieerde vuurwapens vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die polisie het vier verdagtes in Vosloorus in hegtenis geneem nadat hulle Dinsdag met 10 vuurwapens, ammunisie en vermoedelik gesteelde goedere in hulle besit betrap is.

Kol. Mavela Masondo sê die verdagtes, tussen 22 en 28 jaar, is vermoedelik onwettige immigrante. Masondo sê daar word geglo die verdagtes is deel van ‘n bende wat die Vosloorus-gemeenskap in Ekurhuleni met ernstige en geweldsmisdade terroriseer. Dit sluit onder andere moord, roof en voertuigkapings in. Drie van die verdagtes kon nie identiteitsdokumente verskaf nie.

Speurders het inligting oor die verdagtes, waarna hulle reeds ‘n geruime tyd soek, ontvang. Dinsdagoggend is saam met die gemeenskap op die blyplek van die vermeende verdagtes toegeslaan. Op die perseel is die 10 vuurwapens, agt pistole en twee gewere, 23 rondtes ammunisie, vyf skootrekenaars, 18 selfone en twee plasma-TV’s gevind.

Masondo sê meer inhegtenisnemings word verwag.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief