Verdagtes met gesteelde voertuig en vuurwapens vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vier mans tussen 30 en 41 is Woensdag in Margate met vyf ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en ’n gesteelde voertuig in hegtenis geneem.

Lt.kol. Paul Magwaza, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring polisiebeamptes en ‘n voertuignasporingsmaatskappy het ‘n sein van ‘n gesteeld voertuig by ‘n adres in Uvongo gevolg. ‘n Ford Ranger met vals registrasiebesonderhede is in die motorhuis aangetref. Verdere ondersoek het bevestig dat die voertuig in Augustus in Phoenix gesteel is. Tydens die deursoeking het die polisie ‘n arsenaal wapens ontdek – ’n AK47-aanvalsgeweer met 106 rondtes, ’n R4-aanvalsgeweer met 70 rondtes, ’n .303-geweer met 12 patrone, asook twee pistole met 22 rondtes.

Die vier verdagtes is in hegtenis geneem en van die besit van ’n gesteelde voertuig en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie aangekla.

Hulle verskyn vandag op die aanklagte in die Hibberdene-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief