Verdagtes met seekoei- en olifantskedels in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Vrou (36) en ‘n man (42), haar medepligtige, het Vrydag in die Lulekani-landdroshof verskyn nadat daar glo onder meer seekoeiskedels en ‘n olifantskedel in hulle besit gekry is.

Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagtes het vir onwettige jag en geldwassery in die hof voorgekom. ‘n Ondersoek is in 2022 oor beweerde onwettige jag op ‘n plaas in Lulekani begin. Die verdagtes is Donderdagoggend tydens ‘n klopjag by hulle huis in die Prieska-woonbuurt in Phalaborwa in hegtenis geneem.

Tydens verskeie eenhede se intelligensie-gedrewe operasie is nege seekoeiskedels, ‘n olifantskedel, ‘n olifantvel, twee olifantore, vier ongelisensieerde gewere met ammunisie, sewe knaldempers, ‘n luukse sportnutsvoertuig, ‘n boot en ‘n onbekende bedrag geld, met deursoeking van die huis gekonfiskeer.

Ledwaba sê ‘n soektog is na ‘n derde verdagte aan die gang. Met die deursoek by die gesoekte verdagte se huis is ‘n 9 mm-pistool, wat vermoedelik in Januarie in ‘n poging-tot-moordsaak in Lulekani gebruik is, gevind.

Lt.genl. Thembi Hadebe sê: “Ons waardeer die ondersteuning van ons boeregemeenskap en doen ‘n beroep op hulle om voort te gaan om enige verdagte aktiwiteite by die polisie aan te meld.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief