GAUTENG. – Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) en verskeie veiligheidsdienste op skedule 6-medikasie beslag gelê het wat vermoedelik onwettig deur ‘n sindikaat verkoop en versprei is.
Die owerhede het inligting oor vragmotorkapings, sakeroof en poging tot moord, wat sedert November 2024 aangemeld is, ontvang en dit opgevolg. Tydens die ondersoek is owerhede na ‘n huis in Du Plessisweg, in Norkem Park gelei. Daar is ketamien, petidien en morfien, geklassifiseer onder narkotiese pynstillers, sowel as ‘n onbekende bedrag geld, gekry.
Die drie verdagte mans is gearresteer waar hulle by dieselfde huis litiumbatterye van ‘n silwer Mazda BT50 en ‘n wit Toyota Hilux-bakkie afgelaai het.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





