Verdagtes neem glo reg in eie hande, waarna man sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Mpho Mokoena (27) is Vrydag doodgemaak, vermoedelik in ‘n voorval van gepeupelgeregtigheid deur ‘n groep gemeenskapslede, wat ‘n plaaslike skoolhoof insluit. Tien verdagtes, van wie vyf mans en vyf vroue, is Sondag in ‘n gesamentlike operasie deur die polisie in hegtenis geneem.

AO Mmako Mophiring sê Mokoena is na bewering omstreeks 17:30 uit die Namahadi-omgewing geneem. Hy is daarvan beskuldig dat hy kos van ‘n skool se voedingskema en elektrisiteitskabels gesteel het. Die groep, van wie sommige individue na bewering voorgegee het om polisielede te wees, het Mokoena in ‘n ongemerkte privaat voertuig na die skoolperseel geneem. By die skool is Mokoena geboei en terwyl sommige leerlinge toegekyk het, is daar met sambokke op hom toegesak. Ten spyte van ’n leerling se pogings om die ernstig beseerde Mokoena in ‘n kruiwa te stoot, is hy buite die skoolperseel aan sy beserings oorlede. Hy is later onder komberse gevind en deur nooddienste dood verklaar.

’n Saak van moord is geopen en word tans ondersoek. Die verdagtes sal vandag op aanklag van moord in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief