Verdagtes steeds soek wat vrou in huis skiet

Lees ook :

Foto: Women For Change

TUINROETE, WES-KAAP. – Zoleka Phillips (46) wat op 21 April in haar huis in Asazani, Themblethu, geskiet is, se moordenaars word steeds gesoek. Sy het aan haar wonde gesterf.

Women For Change sê Phillips het by die departement van korrektiewe dienste gewerk.

Sers. Christopher Spies sê die ondersoek is steeds in die beginstadium en verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie.

Spies sê polisielede het omstreeks 20:40 die Sondagaand op ‘n skietvoorval reageer. Met aankoms op die toneel was die persoon wat geskiet is reeds na ‘n hospitaal geneem. Sy is met aankoms by die hospitaal dood verklaar. Sy het verskieie skietwonde aan haar kop en been opgedoen.

Die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie en is deel van die polisie se ondersoek.

Enigiemand met inligting word versoek om Thembalethu-speurtak by 079 894 1576 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief