GAUTENG. – Drie verdagtes is doodgeskiet en ’n vierde verdagte is sonder enige sigbare beserings deur paramedici dood verklaar toe ‘n skietery Sondag tydens ‘n misdaadintelligensiegedrewe-operasie in Riverlea uitgebreek het.
Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die operasie deur verskeie polisie en privaat eenhede het gevolg op inligting wat ontvang is ná ‘n sakeroof die oggend by ‘n winkel in Johannesburg-Sentraal. Spanlede het probeer om die verdagtes in Riverlea aan te keer toe die verdagtes op hulle geskiet en daar teruggeskiet is. Vier verdagtes is noodlottig getref. Twee ongelisensieerde vuurwapens, asook gesteelde items, is tydens die voorlopige ondersoek herwin.
Die polisie ondersoek tans klagtes van sakeroof, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
Die ondersoek duur voort.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





