Verdagtes van ‘binnelandse sake-korrupsie’ vandag in hof, nog vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vyf verdagtes verskyn vandag (Dinsdag) op aanklagte van bedrog, korrupsie, oortreding van die identiteitswet, asook oortreding van die Immigrasiewet in die Durban-hof vir gespesialiseerde handelsmisdade. Nog twee verdagtes is vanoggend in hegtenis geneem, wat die totale inhegtenisnemings op sewe te staan bring.

Kol. Katlego Mogale, woordvoeder van die Valke, sê die verdagtes is deur die eenheid vir ernstige korrupsie-ondersoeke in Pretoria en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Lasbriewe vir inhegtenisneming is sedert Saterdag uitgevoer, waartydens die aanvanklike vyf verdagtes Saterdag op verskeie plekke in Durban vasgetrek is.

Die inhegtenisnemings spruit voort uit ’n klag van die departement van binnelandse sake rakende die uitreiking van vervalste paspoorte aan ongemagtigde buitelanders. Die beweerde misdrywe is glo tussen Februarie 2020 en Julie 2023 gepleeg. ’n Groep Suid-Afrikaanse burgers het glo hierdie onwettige verkryging van SA-paspoorte by die binnelandse sake-kantoor in Commercialstraat in Durban vergemaklik. Volgens voorlopige ondersoeke deur die departement is die beweerde misdade buite normale kantoorure, insluitend aande, naweke en openbare vakansiedae, gepleeg. Daar is glo tussen R300 en R1 000 vir die Suid-Afrikaners se samewerking by kantore in Isipingo, Durban-Sentraal en Eshowe betaal.

Mogale sê tussen September 2022 tot op hede is altesaam 38 persone gearresteer. Sewe daarvan is departementsamptenare en 31 is privaat burgers. Vier amptenare en 20 ander beskuldigdes is reeds skuldig bevind en gesamentlik tot tronkstraf van 310 jaar gevonnis.

Die vyf verdagtes wat op 14 Junie in hegtenis geneem is, sowel as die twee nuut-gearresteerdes, sal op aanklagte van korrupsie, bedrog, oortreding van die Immigrasiewet en die Identiteitswet teregstaan.

“Die DPCI sluit nie die moontlikheid van verdere inhegtenisnemings uit nie,” het kol. Mogale gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief