Verdagtes vas ná beweerde gewapende plaasroof in Thabazimbi

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Drie mans is in hegtenis geneem ná ’n beweerde gewapende roof Dinsdag op ’n plaas in die Thabazimbi-gebied.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het drie vermomde gewapende mans na bewering omstreeks 07:40 mense beroof wat in ‘n ry gestaan het om op ‘n plaas aankope te doen. Ná die roof het die verdagtes glo in ‘n rooi VW Polo in die rigting van Brits in Noordwes gevlug. Die misdaad is onmiddellik by die polisie aangemeld, waarna ’n gesamentlike operasie van private veiligheidsmaatskappye, landelike veiligheidstrukture en RPL-kamera-operateurs in Thabazimbi, Koedoeskop en Brits van stapel gestuur is.

Die span het die drie verdagtes by die Blou Bul-padstal tussen Brits en Thabazimbi vasgetrek. Tydens die inhegtenisneming is twee vuurwapens, ’n onbekende bedrag geld en ’n beursie met ’n slagoffer se identiteitsdokument, rybewys en bankkaarte gevind. Alles was versteek in die rooi VW Polo versteek. Die polisie het ook op die voertuig beslag gelê.

Die drie verdagtes sal na verwagting Vrydag op aanklagte van gewapende roof en die besit van gesteelde eiendom in die Thabazimbi-landdroshof verskyn. Polisie-ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief