GAUTENG. – Vier verdagtes is Donderdag op aanklag van die moord op ‘n Nigeriese burger, Chukwunta Friday Julius (37), wat laasnaweek op die Midrand Protea-landgoed aangerand is, in hegtenis geneem.
Lt.kol. Mavela Masondo sê Julius het Dinsdagoggend aan sy beserings in die Tembisa-hospitaal gesterf. Alle leidrade is opgevolg, waarna twee verdagtes Woensdagoggend gearresteer is. Masondo sê daar is tans vier verdagtes in aanhouding.
Die vier verdagtes, tussen 20 en 28 jaar oud, verskyn vandag op aanklag van moord in die Alexandra-landdroshof.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: